Die Kunskas Storie

Die storie van ons kassies is uit VUUR gebore….letterlik!
Ons lewe op die Tuinroete het oornag onherroeplik verander toe die Knysna-brande van 2017, ook alles wat vir òns kosbaar was, verteer het!
Ons het toe reeds “die pad van vuur” geken, met diè dat ons sendeling-kinders net 6 maande tevore ook gestroop is van al hul aardse besittings in ‘n brand op ‘n meubelvervoerwa.

In sulke tye gryp ons mekaar se hande en kyk magteloos boontoe….“Vader, is U steeds mèt ons?”

2018 word ‘n jaar van suiwer hel…propvol van Sy GENADE.
Ons leer Heb 13 : 5 & 6 in praktyk….”Hy sal ons NOOIT ooit verlaat nie”!
Ek is so siek dat Drs my van die 1 na die ander stuur.

Toetse op toetse…
Na 10 mnde van totale swak- & bedlêend wees, rolstoelry en dag en nag se ondraaglike pyn, bring Vader my self terug van die drumpel van die dood.
‘n Geraamte wat asemhaal nèt omdat Sy Gees in my leef.

Ek funksioneer gou weer soos ‘n normale mens en tel stelselmatig 40kg op.
Na nog 6 maande voel dit na die ‘regte ding’ om ons paar besittings wat 16 maande in ‘n stoor toegesluit was, weer in ‘n blyplek uit te pak.

Die huurhuis in Heidelberg word vir ons ‘die begin van ‘n nuwe seisoen‘….ons gee ons eerste wankelrige onseker treë soos ‘n baba wat leer loop.

Saam mt die ‘hoogte’ (‘n heuwel) waarop Hy ons neersit, kom visie… ‘n klein 2-deur kassie op wieletjies – ‘n “mobile pantry” vir die kombuis.

Vinnig volg ‘n klerekas, linnekas, pottekas ens, en ek kyk verwonderd toe hoe my man wat nog net boekrakke en werksbanke gemaak het, nou die mooiste kassies uitdink om my kaslose huis meer ‘bly’-baar te maak!

Ons verf dit vrolik en gebruik my oorspronklike skilderye as deurpanele (geseël met die hoogste kwaliteit resin uit Nederland) om dit ‘uniek’ te maak.
Vir ons word diè kreatiewe skeppings ‘n proses van genesing en restorasie van die trauma van die vorige paar jaar.
Met elke kassie word die emosionele pyn minder en ons blydskap en dankbaarheid word meer. Ons sien weer “LIG”!

Hierdie “kunskassies” is ‘n ‘Celebration of Life & the GOODNESS of God’!
Dis die sigbare bewys van Sy seën op ons nuwe lewe!
Alle eer kom Hom toe!

****************

Ons Kunskas reeks bestaan uit Hangkaste, Linnekaste, Badkamer en Spenskassies wat jy in ons Gallery kan besigtig

Hout Hang Kas

Hout Spens Kas

Ons Kothuis Liefde (Cottage Love) reeks bestaan uit kwaliteit houtprodukte wat met groot sorg handgemaak word en sluit in ‘n Eiland Stoor Kas, Boekrak, Kombers Kis, Koffietafel stoorplek en ‘n Butchers Block

Ons verskaf n reeks oorspronklike skilderye
deur Sarien Fouche

Ons reeks Spieelrame sluit ingevoerde asook plaaslik vervaardigde rame in.